Wednesday, January 25, 2017

Witboy en Witbooi ... Deon Maas en Conny Braam

Kom kuier en gesels lekker saam met ons skrywers en gesprekvoerders Woensdagaand 15 Februarie by die iStart2 Hub in Centurion. Tyd om bietjie vir onsself te lag ... Heilige koeie kan seker nie vir altyd heilig bly nie ...

Deon Maas kom chat oor sy boek "Melk die Heilige koeie" en Conny Braam vertel ons meer van "Ik ben Hendrik Witbooi." Attie van Nel lei die gesprek met ons twee skrywers en Christina Landman sal sorg dat jy jou ernstige opinie kan gee of sommer tong-inni-kies kom saamgesels!

Deon Maas is 'n skrywer (Witboy in Afrika en nou Melk die Heilige Koeie), maker van dokumentêre films (Punk in Afrika en Who killed Johannes Kerkorrel?) en 'n televisie vervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers) Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy 'n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van die aantygings. Hy hang graag op facebook uit en jy kan hom hier gaan "follow"

Conny Braam word in 1948 gebore in Arnhem, in Nederland. Aan die einde van die jare sestig trek sy na Amsterdam. In die ontstuimige periode raak sy al meer betrokke by politieke bewegings wat solidariteit toon met die vryheidsstryd in die sogenaamde Derde Wereld. Haar ontmoeting met 'n paar uitgewekenes uit Suid-Afrika laat haar skrywery op die agtergrond en in 1970 stig sy saam met 'n paar ander die Nederlandse Anti-Apartheidsbeweging. Conny dien as voorsitster tot in 1994.

Na die vrylating van Nelson Mandela skryf sy Operatie Vula wat handel oor haar betrokkenheid in die versetbeweging. Conny skryf daarna n hele paar ander boeke (lees meer hier) en sy kom deel graag haar insigte rondom haar nuutste boek "Ik ben Hendrik Witbooi" op haar besoek in Suid-Afrika.


Attie van Nel (aktivis, entrepreneur en pastoor) neem ons besoekende skrywers onder oog en lei die gesprek. Prof Christina Landman (akademikus en teoloog van Unisa) tree op as moderator.

Kom sluit gerus by ons aan vir 'n aand waar ons gaan saam lag en gesels oor die dinge wat saakmaak. Seker tyd om 'n paar van daai heilige koeie in heroorweging te neem. Lekker ja!

Plek: iStart2 Hub
Adres: Suidstraat 160, Lyttelton Holdings, "Die Hoewes", Centurion.
Google map hier
Tyd: 19h00 - 21h00 


RSVP jou naam en telefoon nommer na iStart2Show@gmail.com as jy gaan bywoon. Dui asb aan hoeveel vrinne jy saambring. 


Wyn en verversings beskikbaar in die cashbar.
Toegang is gratis.

Sien jou daar!


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.